Jo Black

Jo Black - Skepe lyrics

Your rating:
'n Skip word in 'n hawe gebou
'n Skip lyk in 'n hawe baie mooi vir my en jou
Maar dis nie waarvoor skepe gemaak word nie
Die storms en die winde sal waai
Hys jou seile hoog, want een of ander tyd moet die tyding draai
Laat die kompas van jou siel weer jou hart bepaal
Kry jou maste reg, haal die anker uit, in die rigting van die Suiderkruis

Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan

Die lewe sal jou gooi en jou rondruk
Soms voel dit of jy sink, maar jy moet net jou voete soos Petrus vind
En dalk net weer glo soos 'n kind
Hou net koers, want soms kom die twyfel
Dit gaan meer oor hoe jy opstaan en minder oor hoe jy struikel
Moenie vrees as die waters rof raak nie
Tel jou skouers op, voel jou hart weer klop

Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan

Stuur jou skip nou deur die poorte
Ons hoop is meer as net leƫ woorde
Jy's in beheer van jou bestemming
Hoe jy daar uitkom is jou eie besluit

Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam

Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 2016

Language: Afrikaans

Appearing on: Skepe (2017)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found