Jy vloei reg deur my are
Vingers deur my hare
Lyf teen lyf vanaand
Snak ek na my asem
Ruite toe gewasem
Jou lippe maak my mal
Skuif ‘n bietjie nader
Vry my bietjie harder, volk en vaderland
Ek is so verslaaf aan jou (2x)
Koor:
As ek sing dan is dit net oor jou, want jou glimlag is ‘n uitklophou
Die volmaakte toonbeeld van ‘n vrou
Gee my rede om weer op te staan en te lewe elke dag met jou
Die volmaakte toonbeeld van ‘n vrou
Jy’s ‘n uitklophou
Skadu’s teen die mure
Honderd duisend ure vlieg verby vanaand
Tafelberg se wyne, beste medisyne
En tye saam met jou
Meer as goud en silwer
Harte klop al wilder in stereo vanaand
Ek is so verslaaf aan jou (2x)
Koor
Dis soos towerkuns as ek jou lyf hier naby hou
Meer as alles in die wêreld is ek daar vir jou
Koor
Jy’s ‘n uitklophou
Submitted by Musikuss at Sat 26 Dec, 2015 2:14 pm