Antonie de Jager

Antonie de Jager - Langpad na later lyrics

Your rating:
My deurnag ry se vaak
Het in die môre verlore geraak 
En uit die kar uit gesmelt
Die kopligte taan 
Ek domp hul en mompel jou naam 
Maak dit vry oor die veld

Die son kom op oor die Karoo
Die swart pad flits eind’loos na voor
Jou leemte verdwyn soos die vlaktes my lei
Met die langpad na later verby

Die sonopkoms brand
Die veld silhoeët  teen die rand
Al langs sy ou hakkel spoor
Ek kyk met die ry
Hoe die telefoonlyn asem kry
En wil hyg tot daar voor

Die son kom op oor die Karoo
En die swart pad flits eind’loos na voor
Jou leemte verdwyn soos die vlaktes my lei
Met die langpad na later verby
Die langpad na later verby

Die bergtoppe brand
Word voshaar-kop reuse se land
Wat hul kroes hare krap
Die veld word so mooi
Met hul dooie gras skilfers bestrooi
Soos hul langs my kom stap

Die son kom op oor die Karoo
En die swart pad flits eind’loos na voor
Jou leemte verdwyn soos die vlaktes my lei
Met die langpad na later verby
Die langpad na later verby
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Released in: 2015

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found