Stef Bos

Stef Bos
Verjaardagslied

Veels geluk liewe maatjie
Omdat jy verjaar
Mag die Here jou seën en
Nog baie jare spaar

Kom ons drink nog ‘n bottel
En ons huil na die maan
En ons dans sonder sorge
Op hierdie vulkaan

Want hierdie land is nie die hemel
En al kak ons soms af
Ons sal kuier tot die einde
Ons sal sing tot in die graf

Moenie huil nie
Moenie treur nie
Daar‘s ‘n nuwe dag voor elkeen wat jy verloor
Moenie huil nie
Moenie treur nie
Kyk noord
Gaan
Voort

Daar’s elke dag weer koerante
Wat ons stories vertel
Van korrupsie en misdaad
Wat ons almal ontstel

Ja die herder het die land hier
Vir ‘n ruk sommer gelos
En nou loop ons soos skapies
In die nag verlore in die bos

Maar vandag skyn die son
En die berge lê blou
En jy moet weet daar‘s baie mense
Baie lief vir jou

eiric

Submitted by eiric at Sat 24 Jan, 2015 8:10 pm

Author: Stef Bos
Composer: Stef Bos
Publisher: ?
All lyrics and other info from this band may be published on our site
Language: Afrikaans
Available on: Kaalvoet (2015)

Reactions

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.

Follow Muzikum

cron