Stef Bos

Stef Bos
Onder in my Whiskyglas

Onder in my Whiskyglas
Sien ek jou weer
Onthou ek hoe ons was
Maar nou’s my hart so seer

Die kroeg se deur is toe
Wasem hang in donker lug
Ek lig my glas op om te proe
Maar voor my sien ek jou gesig

Onder in my Onder in my
Onder in my Whiskyglas
Is jy nog aan my vas

Ek het jou verruil vir die droom
Van ‘n duisend kontinente
Maar nou sien ek my glas se boom
En tel my laatste sente

Jy’s orals om my hier vanag
Ek voel jou in my lewe
Whisky is hard en jy is sag
Jy was bo drank verhewe

Onder in my Onder in my
Onder in my Whiskyglas
Is jy nog aan my vas

Drie skepe moes my wegvoer
Na lande ver van hier
Maar daar’s skimme op die vloer
En visioene in my bier

Ek weet ek was verkeerd gewees
My oë traan my maag wil draai
My toekoms is nog vis nog vlees
Drie skepe het my hart verraai

eiric

Submitted by eiric at Sat 24 Jan, 2015 8:10 pm

Author: Stef Bos
Composer: Stef Bos
Publisher: Coast Company
All lyrics and other info from this band may be published on our site
Published in: 2015
Language: English
Available on: Kaalvoet (2015)

Reactions

1 post

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.
Anonymous
Wed 12 Dec, 2018 8:58 pm
Het nummer 'Onder in my whiskeyglas' is origineel van Koos Kombuis en gecoverd door Stef Bos.
Koos Kombuis is een pseudoniem van de Zuid-Afrikaan; André le Roux du Toit.
Website: http://www.kooskombuis.co.za/
1 post • Page 1 of 1

Follow Muzikum

cron