Stef Bos

Stef Bos
Onrusrivier

Ek was vir ‘n jaar
Langs die Onrusrivier
Het my lewe sien stroom
Na die see
Gesigte van liefde
In die wolke gesien
En onthou wat ek lank wou vergeet

Ek het daar die taal
Van die water geleer
Gesien wat ek nie kon verklaar
Stemme van mense
Langs die oewer gehoor
En lank naar die hemel gestaar

Ek het die bottels met rooiwyn omarm
Ek het die son in die see sien verdrink
En in die wind wat daar waai
Langs die hemelse kus
Het ek ‘n engel hoor sing

Daar was sneeu op die dak van die kerk in Geluk
Daar was winter in die Weerloosvallei
En deur die kloof in die berg met die wind in die rug
Het ek myself weer gekry

Liefde is nie
‘n Saak van die hart
Dit word deur
Die hande gemaak
Ek was vir ‘n jaar
Langs die Onrusrivier
En het jou daar agter gelaat

eiric

Submitted by eiric at Sat 24 Jan, 2015 8:08 pm

Author: Stef Bos
Composer: Stef Bos
Publisher: Coast Company
All lyrics and other info from this band may be published on our site
Published in: 2015
Language: Afrikaans
Available on: Kaalvoet (2015)

Reactions

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.

Follow Muzikum

cron