Stef Bos

Stef Bos
Kry jou gat in rat

Jy staan langs die kant
Jy gee jou kritiek
Jy sê die wêreld
En die mense is siek
Die tv sleg
Koerante swak
Sisteem is vrot
En die volk in die kak

Moenie kyk nie
Na die politiek
Dis gemors van tyd
En dit maak jou siek
Klim die berg
Om die boere te vererg
Kom aan Bobbejaan
Kom aan

Los jou angs en volg jou hart
Word ‘n skilder en kleur jou dag

Kry jou gat in rat
Want jy kla oor dit
En jy kla oor dat

Jy kla oor die tou
By die bank in die stad
Hulle steel jou geld
En die diens is swak
Kla oor die taxis
Wat ry soos mal
Kla oor die Rand
Wat val en val

Met jou dappermuis anargie
Afrikana romantiek
Met jou prozac en jou brandy
Jy is nie meer jouself nie

Los jou angs en volg jou hart
Word ‘n skilder en kleur jou dag

Kry jou gat in rat
Jy kla oor dit
En jy kla oor dat

Moenie wag nie tot die sterre val
Moenie wag nie tot die hemel kom
Moenie wag nie vir die goue tyd
Moenie wag nie vir ’n ewigheid

Kry jou gat in rat

eiric

Submitted by eiric at Sat 24 Jan, 2015 8:04 pm

Author: Stef Bos
Composer: Stef Bos
Publisher: Coast Company
All lyrics and other info from this band may be published on our site
Published in: 2015
Language: Afrikaans
Available on: Kaalvoet (2015)

Reactions

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.

Follow Muzikum

cron