Stef Bos

Stef Bos
Liefde is altyd daar

Jy kan die liefde liefhê
Jy kan die liefde haat
Jy kan die liefde breek
En jy kan liefde maak
Jy kan die liefde verklaar
Jy kan die liefde verswyg
Jy kan die liefde soek
Jy kan haar ook ontwyk

Maar die liefde is altyd daar
Soos die son wat in die nag
Haar lig gee aan die maan
Jy sien haar nie
Maar sy is daar
Die liefde is altyd daar

Jy kan die liefde droom
leef
verlies
vergeet
Jy kan met haar dans
En reis oorals heen
Soms sien jy liefde saam
Soms sien jy dit alleen

Ons kan mekaar
Die oorlog verklaar
Ons kan in die nag
In die oneindigheid staar
Ons kan aan die rand
Van die afgrond staan

Maar die liefde is altyd daar
Soos die son in die nag
Haar lig gee aan die maan
Jy sien haar nie
Maar sy is daar
Ja die liefde is altyd daar

eiric

Submitted by eiric at Sat 24 Jan, 2015 8:02 pm

Author: Stef Bos
Composer: Stef Bos
Publisher: Coast Company
All lyrics and other info from this band may be published on our site
Published in: 2015
Language: Afrikaans
Available on: Kaalvoet (2015)

Reactions

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.

Follow Muzikum

cron