Stef Bos

Stef Bos
Swartvrou

Sy’s ‘n swart vrou van die Ooskaap
Wat getrek het na die stad
Lank gelede ver van huis
En die lewe was soms hard
Twee kinders met ‘n man
Wat haar gelos het en verdwyn
Maar sy het nooit ophou sing
Al het sy swaar gekry

Izaninonke Sikulele
Sikule ingomenemandi

Ek is ‘n witman van die noorde
Ek het gereis na hierdie land
Ek het my toekoms hier gevind
En ‘n hawe vir my hart
En ‘n horison van woorde
En ‘n wêreld vol musiek
En ‘n swartvrou uit die Ooskaap
Wat my geleer het om te sing

Izaninonke Sikulele
Sikule ingomenemandi

Die wêreld is mal
En die vrede is ver
Maar daar is altyd nog iets
Waarvoor ons kan veg
Want die liefde is daar
En ons is nog hier
En ons het deur die tyd
Die gevolge gesien
Van die angs vir die ander
Die wit en die swart
Maar al wat hier saak maak
Is die kleur van die hart
En ek weet daar‘s geweld
En die haat maak ons blind
Maar ek glo in die swartvrou
Wat my het leer sing

eiric

Submitted by eiric at Sat 24 Jan, 2015 8:01 pm

Author: Stef Bos
Composer: Stef Bos
Publisher: Coast Company
All lyrics and other info from this band may be published on our site
Published in: 2015
Language: Afrikaans
Available on: Kaalvoet (2015)

Reactions

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.

Follow Muzikum

cron