Stef Bos

Stef Bos
Jonk in my kop

Ek kyk na die klok
Die tyd gaan verby
Staan op in die oggend
My spiere is styf
Maar in my gedagtes
Is ik eindelik vry
Jonk in my kop
Oud in my lyf

Ek was 16 jaar
Hartseer en pyn
Verlief op ‘n meisie
Wat ek nie kon kry
Ek was so ernstig en diep
My gedagtes was grys
Ek was toe oud in my kop
En jonk in my lyf

Dis goed om te wees
Waar ek nou is
Jy maak my nie mal nie
Ek weet wie ek is
Ek is nie meer lus nie
Om te mors met my tyd
Jonk in my kop
Oud in my lyf

Daar ‘s pragtig jong meisies
Hier in die land
Maar om eerlik te wees
Hulle maak my nie warm
Skoonheid is mooi
Maar ervaring is meer
Soos ’n vrou wat het geleer
Om haarself uit te sorteer

My rug is ontwrig
My hare val uit
Ek benodig ‘n bril
Om na die wêreld te kyk
Maar in my verbeelding
Sien ek soveel meer
Die angs vir die einde
Beheer my nie meer

Dis goed om te wees
Waar ek nou is
Jy maak my nie mal nie
Ek weet wie ek is
Ek weet wat nou saak maak
Mors minder my tyd
Jonk in my kop
Oud in my lyf

Ek staan op in die oggend
My spiere is styf
Ek sien in die spieël
Die tol van die tyd
Daar’s baie gebreke
Waaraan ek ly
Ek is ’n kar wat geroes is
Maar ek kan nog ry

eiric

Submitted by eiric at Sat 24 Jan, 2015 7:57 pm

Author: stef bos
Composer: Stef Bos
Publisher: Coast Company
All lyrics and other info from this band may be published on our site
Published in: 2015
Language: Afrikaans
Available on: Kaalvoet (2015)

Reactions

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.

Follow Muzikum

cron