Stef Bos

Stef Bos - Komatiepoort lyrics

Your rating:
Daar is altyd ‘n wêreld
Wat jy nog nie ken nie
Daar is altyd ‘n taal
Wat ons nie verstaan nie
‘n Deel van jouself
Waarvan jy vergeet het
Daar is altyd ‘n pad
Wat jy nog moet gaan

Daar is altyd nog ruimte
Verby die einde
Daar is altyd ‘n stem
Van binne wat praat
Daar is altyd ‘n wonder
Wat ons nie kan verklaar nie
Daar is altyd bagasie
Om agter te laat

Daar is altyd ‘n lied
Vir die wat wil sing
Daar is altyd ‘n son
Al sien jy die maan
Daar is altyd ‘n wêreld
Wat ons nog nie ken nie
Daar is altyd een grens
Om over te gaan

Daar is altyd ‘n insig
Wat ons nie ken nie
Al lees ons die toekoms
Voorspel ons die weer
Daars altyd ‘n uitsig
By God se venster
Daars altyd nog lesse
Wat ons kan leer

Daars altyd ‘n poort
Soos by Komatie
Daars altyd ‘n grens
Om verby te beweeg
Daars altyd mense
Wat glo in die liefde
Daars altyd ‘n lewe
Wat jy nog kan leef

Daar is altyd ‘n lied
Vir die wat wil sing
Daar is altyd ‘n son
Al sien jy die maan
Daars altyd ‘n wêreld
Wat ons nog nie ken nie
Daar is altyd ‘n grens
Om over te gaan
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: stef bos

Composer: ?

Publisher: Niemandsland

Details:

Released in: 2010

Language: Dutch

Appearing on: Kloofstraat (2010)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found