Dan Hill (ZA)

Dan Hill (ZA) & Betsie Oosthuizen - Op Silwer Vleuels lyrics

Your rating:
Die hemelboog
Lok u omhoog
Met die Suid-Afrikaanse Lugdiens
Maak u tuis
Ver van huis
In die sorg van die gasvrye lugdiens
Vir u genot
Gaan alles vlot
Met die Suid-Afrikaanse Lugdiens
U vaar wel
Op u vlug
Deur die lug
Met S.A.L.

Kom vlieg saam met silwer vleuels
Gee drome, vrye vleuels
Straal deur die wolke na die laggende son
U stryk neer in Rome, Lisabon, Londen, Frankfurt of Parys
Na `n wonderlike reis

Van hier langs ons goue strande
Tot in die verre lande
Vlieg elke keer met S.A.L., S.A.L.
Gaan dwaal onder vreemde sterre
Avontuur lok van verre
Vlieg elke keer met S.A.L.

Die hemelboog
Lok u omhoog
Met die Suid-Afrikaanse Lugdiens
Maak u tuis
Ver van huis
In die sorg van die gasvrye lugdiens
Vir u genot
Gaan alles vlot
Met die Suid-Afrikaanse Lugdiens
U vaar wel
Op u vlug
Deur die lug
Met S.A.L., S.A.L., S.A.L.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Anton de Waal

Composer: Dan Hill (ZA)

Publisher: Suid-Afrikaanse Lugdiens / South African Airways

Details:

Released in: 1964

Language: Afrikaans

Appearing on: Op Silwer Vleuels / The Going's Great (1964)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found