Van Coke Kartel

Jack Parow & Van Coke Kartel - Chaos lyrics

Your rating:
Jack Parow:
Hoekom is die lewe so fucked up. Nooit pond in my gatsak. 
Altyd iemand se kak vat, as ek oor die fokken pad stap. 
Te veel oorlog, te veel haat. Te min woorde, te veel praat.
Skiet eers voor jy vra. Geen action, teveel kla. 
Op die voet deurdie stront. Vee die bloed uit my mond.
Geen fight vir wat ek glo, want wat ek glo is klaar verloor.
Dis verbied. Dis te erg. Veg verniet. Te veel kerk.
Myself al weer vererg. Maak my army reg vir veg.

Francois van Coke:
Daar is chaos buite.
Hoor dit deur ons sitkamerruite. 
Kry duidelikheid deur ons tv-stelle.
Haatspraak en hofbevele. 
Hoor ons chaos buite. 
Oorals chaos buite. 

Jack Parow:
Ek's op die rusbank voor die TV. Sing steeds dieselfde liedjie.
Daar's 'n donker wat ons vas vat. Swart as op ons waslap.
Geweerskot; jy's dood. Nog 'n lyk en 'n moord. 
Waar ek stap en soek 'n broer, loop die bloed steeds voort.
Fokken veg vir verandering. Bring jou fokken manne in.
Laat onder behandeling. Los! Dis iemand anders s'n.
Klip gooi vir regte. Geveg vir gevegte.
Die regte gesegde's geheg aan gehegtes.

Francois van Coke:
Daar is chaos buite.
Hoor dit deur ons sitkamerruite. 
Kry duidelikheid deur ons tv-stelle.
Haatspraak en hofbevele. 
Hoor ons chaos buite. 
Oorals chaos buite. 

Jack Parow:
Woef! Woef! Die honde is hier. Kanonne gevuur. 
Balonne gestuur. Die swart pionne van vuur. 
Op soek na die punt van die draak se stert. 
Bra, verwerp! Maak jou sterk. Verkeerd gemerk. 
Op soek na die duister. Op soek na 'n fluister. 
So sit saam en luister, bebloed julle vuiste. 
Die donkerste wolk pak voor ons soos 'n golfslag. 
Breindood van kopslag. Hardloop hier kom groot kak! 

Francois van Coke:
Daar is chaos buite.
Hoor dit deur ons sitkamerruite. 
Kry duidelikheid deur ons tv-stelle.
Haatspraak en hofbevele. 
Hoor ons chaos buite. 
Oorals chaos buite.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Appearing on: Wie's Bang (2011)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found