Van Coke Kartel

Van Coke Kartel
Soek En Vind Niks

Gee - gee my net 'n kans om uit te pass
Dit is al wat ek beplan
Ek het die land deursoek
En ek kan niks van myself hier kry nie

Dit dam alles hier van binne af op
Ontnugter deur ons verskille
Tyd staan stil asseblief
Verleng die onvermydelike
Dit tel nie meer nie
Dit tel nie meer nie
Gemengde gevoelens
My nag van angs
Ek ken die tekens al te lank
Weereens myself weerspreek
Vir 'n gat gevat
Voel soos 'n goedkoop leuenaar
Op soek na iets nuuts

Gee - gee my net 'n kans om uit te pass
Dit is al wat ek beplan
Ek het die land deursoek
En ek kan niks van myself hier kry nie

Tot hiertoe en nie verder nie
My vingerafdrukke het die hele plek besmet
Alles lyk natuurlik beter aan die ander kant
Maak jou buiging voor alles wat verbrokkel
Die pleister is net te klein om die wond weg te steek
Dit maak my naar en ek kan nie meer op my voete bly nie

Gee my net 'n kans om uit te pass
Dit is al wat ek beplan
Ek het die land deursoek
En ek kan niks van myself hier kry nie

Gee my net 'n kans om uit te pass
Dit is al wat ek beplan
Ek het die land deursoek
En ek kan niks van myself hier kry nie

Gee my net 'n kans om uit te pass
Dit is al wat ek beplan
Ek het die land deursoek
En ek kan niks van myself hier kry nie

tauzefien

Submitted by tauzefien at Thu 17 Nov, 2016 9:38 pm

Author: ?
Composer: ?
Publisher: Rhythm Records (3)
Published in: 2008
Language: Afrikaans
Available on: Waaksaam & Wakker (2008)

Reactions

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.

Follow Muzikum

cron