Anna Davel

Anna Davel
Loop in die lig

Loop in die lig en moenie vir die donker bang wees nie
Swaai jou septer maak lawaai tot die hane kraai
Niemand weet hoe die pad gaan draai nie
Niemand kan sê waar swem die haai nie
Loop in die lig en moenie vir die donker bang wees nie

Swem teen die stroom op dans in die reën en strike a pose
Klim uit teen die steiltes seil van ‘n krans af en span jou vlerke
Blou is flou en pers pervers
Jy bly dalk in ‘n grasdak maar brand jou kers
Loop in die lig en moenie vir die donker bang wees nie

Eet ‘n sak sout met die een wat jy liefhet en vra nog meer
Gee drie maal in kry dan jou sin jy weet mos hoe
Grys is boring en pienk te veel
Kyk hoeveel harte kan jy nog steel
Loop in die lig en moenie vir die donker bang wees nie

Loop in die lig en moenie vir die donker bang wees nie
Verf jou kombuis ‘n skokkende kleur komaan sit jou voet neer
Groen suurlemoen appelkoos is voos
Rooi is die kleur wat die rose bloos
Rooi maak die Spaanse bulle boos
Loop in die lig en moenie vir die donker bang wees nie

Musikuss

Submitted by Musikuss at Tue 22 Apr, 2014 8:22 pm

Author: ?
Composer: ?
Publisher: Select Music Distribution
Language: Afrikaans
Available on: Raaisels, Skepe & 1000 Drome (2007)

Reactions

Anonymous
In an effort to prevent automatic submissions, we require that you complete the following challenge.

Follow Muzikum

cron