Sonja Herholdt

Sonja Herholdt - Skipskop lyrics

Your rating:
Pak op, pak op
sit jou goedjies op jou kop.
Môre gaan ons weg,
ver van hier weg.
Skipskop, Skipskop,
wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor
die blou berge oor.

Overberg se mens
is ek gebore,
op die plek Skipskop
nes my pa en sy pa ook.
Hier deur die duine, loop onse spore
hier op die beach, hier langs die see is ek gedoop.

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
en die wolke en die winde wat hier waai.
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
en sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê goodbye.

Die linkerhand, of die regterhand
wat se kant lê die plek, misverstand.
Asseblief meneer, ag sê tog weer
is dit die pad wat ons moet môre vat?

'n Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar,
die stukkies van my lewe lê, lê baie deurmekaar.
Tel op vir shorty en tel op vir pop
gaan haal vir apie, en hou daai kindjie dop.

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
die wolke en die winde wat hier waai.

Pak op jou goedjies, 
en verkoop jou bootjie
en sê maar so long, Skipskop, Skipskop, sê goodbye

Maar wat ken ek anders
as die blou dam se branders
die wolke en die winde wat hier waai.

Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies,
en sê maar Skipskop, so long, Skipskop sê goodbye

So long, Skipskop, sê goodbye
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: BMG Records Africa

Details:

Released in: 1996

Language: Afrikaans

Covered by: Quentin Prinsloo , Wynand Windpomp (2004) , Juanita du Plessis (2010) , Rudi Claase & Charné Hugo (2014)

Appearing on: Pêrels (2010)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found