Helena Hettema

Helena Hettema - Mannetjies Roux lyrics

Your rating:
My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met diesolien
en hy sing in die strate as hy my kom sien
My oom is oud en ek is skaars dertien

My oom drink koffie en my tannie tee
Ek vra oor die reën en hy sê ja-nee
en hy drink soet koffie met sy een oog toe
en hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het ´n tenk vol diesolien
en seën my ma
en seën my pa
en my oom op sy plaas in Afrika

My oom het gesukkel op die plaas
want die son was te warm
en die reën te skaars
en die man van die bank het net sy kop geskud
want my oom, ja my oom was te diep in die skuld

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het ´n tenk vol diesolien
en seën my ma
en seën my pa
en my oom op sy plaas in Afrika

En as jy in die oggend deur die lande stap
Dan hoor jy nog sy motor met sy klap-klap-klap
maar my oom, ja my oom se oë  is nou albei toe
in sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux

O stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het ´n tenk vol diesolien
en seën my ma
en seën my pa
en my oom op sy plaas in Afrika
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found