Andriëtte Norman

Andriëtte Norman - Neem my op vlerke lyrics

Your rating:
Jy sien die wêreld deur kinders se oë
Hoef nie aan ander se twyfels te glo
Jy is ´n boodskap, ´n wese wat woordloos verstaan

Jy is die laggende boog wat bly swewe
Hoop wat ´n son in my polsslag bly lewe
Trappe van lug loop jy sag, jou asem ´n wolk
Stil soos die nag

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Vanuit die poorte van jou wolkkastele
Kom jy en waak oor die mense se treë
Gestuur met beloftes verby ruimte en tyd

Sien jy die sterre skyn oor al ons sorge
Voel jy die lus vir vandag en vir môre
Jy is ´n kneg van die lewe, van strewe en rus
Net soos jy is

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Is ek alleen
Dan hoef ek net te vra
En jy sal kom
Jou vreugdesboodskap dra!

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy
Op duisend reënboë dans net soos jy
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan

Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Sony BMG

Details:

Released in: 2008

Language: Afrikaans

Cover from: Anneli van Rooyen - Neem My Op Vlerke (1997)

Appearing on: Diamant (2008)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found