Andriëtte Norman

Andriëtte Norman - Pêrel vir 'n kroon lyrics

Your rating:
Ek weet jy is naby my
En ek weet dat waar jy jou vlerke sprei
Jy my hart kan kry
Jy leef in my, vir altyd
Tyd gee en die tyd kan neem
Al was jy geleën, was jou hart ´n seën 
Ek sal nooit vergeet
My hart sal weet:

Jy's ´n pêrel vir ´n kroon, ´n kroon
En jy leef binne my
En die tyd moes jou vat
Maar daar's vrede in wat jy vir my moes kom gee
Jy's ´n engel in die hemel
Die hemel waar vandaan jy kom
Ek is diep in my hart so beloon
Met ´n pêrel vir ´n kroon

My trane sal water word
Teen die dorre grond
Sal ´n blom my wond 
Laat genees terwyl ek oor jou huil

Jy's ´n pêrel vir ´n kroon, ´n kroon
En jy leef binne my
En die tyd moes jou vat
Maar daar's vrede in wat jy vir my moes kom gee
Jy's ´n engel in die hemel
Die hemel waar vandaan jy kom
Ek is diep in my hart so beloon
Met ´n pêrel vir ´n kroon

Hier, op hierdie plek waar ek staan is juwele niks nie
Maar waarheen my siel eendag gaan, daar wag jy vir my

Jy's ´n pêrel vir ´n kroon, ´n kroon
En jy leef binne my
En die tyd moes jou vat
Maar daar's vrede in wat jy vir my moes kom gee
Jy's ´n engel in die hemel
Die hemel waar vandaan jy kom
Ek is diep in my hart so beloon
Met ´n pêrel vir ´n kroon
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Rudi Claase

Composer: Rudi Claase

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 2015

Language: Afrikaans

Appearing on: Pêrel vir 'n kroon (Single) (2015) , Pêrel vir 'n kroon (2015)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found