Mwah!

Mwah! - Gee gee gee lyrics

Your rating:
My liefde vir jou was baie sterk
Ek was baie stil en op my plek
Ek het gesukkel om te weet waar ons staan
Ek was so alleen al was ons saam

Gevoelens en emosies moes ek altyd keer
Maar so het ek dalk my les geleer
Ek het jou soos ´n boek gelees
Jy was nog altyd verveeld

En ek gee, gee, gee my alles vir jou
En jy neem, neem, neem net sonder berou
Jy moet weet, weet, weet ek het jou vertrou
Dis verby tussen my en jou
En ek´s klaar probeer om my hart te gee
Want jy speel met my gevoelens vir die hoeveelste keer
Dis verby, dis verby, dis verby tussen jou en my

My liefde was soos ´n one way street
Jy neem en neem maar ek is klaar
Ek´t gesukkel om te weet waar ons staan
Want jy bly uit tot laat in die aand

Gevoelens en emosies moes ek altyd keer
Maar so het ek dalk my les geleer
Ek het jou soos ´n boek gelees
Jy was nog altyd verveeld

En ek gee, gee, gee my alles vir jou
En jy neem, neem, neem net sonder berou
Jy moet weet, weet, weet ek het jou vertrou
Dis verby tussen my en jou
Ek is klaar probeer om my hart te gee
Want jy speel met my gevoelens vir die hoeveelste keer
Dis verby, dis verby, dis verby tussen jou en my

Waar is jy gewees toe ek jou hier wou hê?
Nou is ek bevrees jy het die laaste woord vir my gesê
Waar was jy gewees tot die storms gaan lê?
Nou het ek geleer ek het te veel liefde in jou belê

En ek gee my alles vir jou
En jy neem net sonder berou
Jy moet weet ek het jou vertrou
Dis verby, dis verby

En ek gee, gee, gee my alles vir jou
En jy neem, neem, neem net sonder berou
Jy moet weet, weet, weet ek het jou vertrou
Dis verby tussen my en jou
En ek is klaar probeer om my hart te gee
Want jy speel met my gevoelens vir die hoeveelste keer
Dis verby, dis verby, dis verby tussen jou en my
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Luisternet Musiek

Details:

Released in: 2013

Language: Afrikaans

Appearing on: Waarvoor wag jy? (2013)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found