Riana Nel
Meer as 'n vriend

En dit voel al soos vir ewig
Wie sou nou gedink het ons sou nie meer sweef
Op die vlerke van verlief wees
Nog ’n koppie koffie, sê jy ken my vrees

En jy sien alles en alles binne my
Word wakker as jy naby my staan
Jy weet alles en alles raak te veel vir my vanaand

En ek bewe, want dit is wat jy aan my doen
Is daar ’n rede om jou nie te soen?
En voel jy nie dieselfde nie?
Jy't gesê jy verstaan

Vergewe my as jy dink dat ek jou hart mislei
Daar was ’n oomblik om weer hoop te kry
Ek weet ek het jou seergemaak
Jy's meer as ’n vriend vanaand

Dis onmoontlik wat gebeur het
Wie sou nou gedink het dat die wind sou draai
In ’n oomblik van alleen wees
Dalk net te hardkoppig en my hart verraai

Want jy sien alles en alles binne my
Word wakker as jy naby my staan
Jy weet alles en alles raak te veel vir my vanaand

En ek bewe, want dit is wat jy aan my doen
Is daar ’n rede om jou nie te soen?
En voel jy nie dieselfde nie?

Jy't gesê jy verstaan
Vergewe my as jy dink dat ek jou hart mislei
Daar was ’n oomblik om weer hoop te kry
Ek weet ek het jou seergemaak
Jy's meer as ’n vriend vanaand

En ek bewe, want dit is wat jy aan my doen
Is daar ’n rede om jou nie te soen?
En voel jy nie dieselfde nie?

Jy't gesê jy verstaan
En ek bewe, want dit is wat jy aan my doen
Is daar ’n rede om jou nie te soen?
En voel jy nie dieselfde nie?

Ek besef, ek’s daar, vergewe my
As jy dink dat ek jou hart mislei
Daar was ’n oomblik om weer hoop te kry
Ek weet ek het jou seergemaak
Jy's meer as ’n vriend vanaand

  • Musikuss

    Submitted by

    Musikuss at Thu 14 Jan, 2016 12:17 am

  • <
Copyrights
Author: ?
Composer: ?
Publisher: Coleske Artists
More details
Published in: 2014
Language: Afrikaans
Available on: Die Regte Tyd (2014)

Reactions

CommonCrawl [Bot]

Follow Muzikum