Danie Niehaus

Danie Niehaus & Lita Roberts (ZA) - Neem my hand lyrics

Your rating:
Waarom wil jy loop in die vroeë uur
Is dit iets wat ek gesê het of wou doen
Waarheen wil jy vlug, waarheen dryf dit jou
Dink aan al die hartseer wat dit bring
Dink aan al die hartseer wat dit bring

As daar iemand anders is wat jou dag verryk
Waarom maak ons dan mekaar so seer
Kom ons leef weer vir mekaar
Kom ons maak dit alles heel
Ons het soveel om te deel

Neem my hand en klou dit vas
Dink aan my en die mooi wat was
Daar’s altyd nog ‘n tweede keer
Neem my hand en hou dit vas
Dink aan my en die mooi wat was
Vergeet die donker vrae
Onthou net al die dae
En die tye wat ons saam kon deel

Tyd tik nou verby en ons bly nie jonk
Waarom dit so dikwels nog verspeel
Waarom kyk ons nog na gister
Waarom kan ons nie vergeet
Laat ons saam die toekoms deel

Neem my hand en klou dit vas
Dink aan my en die mooi wat was
Daar’s altyd nog ‘n tweede keer
Neem my hand en hou dit vas
Dink aan my en die mooi wat was
Vergeet die donker vrae
Onthou net al die dae
En die tye wat ons saam kon deel

Sluit jou oë, laat die wind jou neem op die vlerke van sy liefde
Kom ons word weer een, word weer een

Neem my hand en klou dit vas
Dink aan my en die mooi wat was
Daar’s altyd nog ‘n tweede keer
Neem my hand en hou dit vas
Dink aan my en die mooi wat was
Vergeet die donker vrae
Onthou net al die dae
En die tye wat ons saam kon deel
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Select Musiek

Details:

Released in: 1995

Language: Afrikaans

Appearing on: Grootste Treffers (1992)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found