Die Melktert Kommissie

Die Melktert Kommissie - Crackers lyrics

Your rating:
Die crackers skiet buite
Dit klink soos gewere
Daar's oorlog in my siel
Oor historiese gebeure

Ek dink al die hele week
En analiseer 
Oor wat ek vir jou moet sê
En wat ek sou wou hê moet gebeur

Jy pak jou tassie vol gevoelens
Jy pak jou tassie vol moed
En jy ry weer môre Kaap se kant toe
Ek wonder of ek jou sal mag groet

Ek wens jy kon Scrabble speel met die woorde in my mind
Sodat jy sinne kan maak wat jy verstaanbaar sal find
Ek wens ek kon my drome in 'n kers uitkerf
Dat jy dit kan aansteek en alles laat werk

Jy pak jou tassie vol gevoelens
Jy pak jou tassie vol moed
En jy ry weer môre Kaap se kant toe
Ek wonder of ek jou sal mag groet

My sintue weet jy's oral om my
Jou silhouette teen my mure
Jou reuk in my trui
Jou naam dans in elke klankgolf rond
En ek proe jou soet woorde weer in my mond

Ek hoor jou saam met die winde huil
En voel jou trane in die reën
Ek hoor jou hart in die branders breek
En wens ek kon vir jou net een sunset gee

Jy pak jou tassie vol gevoelens
Jy pak jou tassie vol moed
En jy ry weer môre Kaap se kant toe
Ek wonder of ek jou sal mag groet
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Hathor Records

Details:

Language: Afrikaans

Appearing on: Proudly South African , Vergewe en vergeet

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found