Die Melktert Kommissie

Die Melktert Kommissie - Spinnerakke lyrics

Your rating:
Spinnerakke teen my muur
en aan my siel
Die son het lankal verdwyn
Spinnerakke om my glas
Spinnerakke hou my vas
Die kokkerotte drink my wyn

Tussen skadus
dink ek weer aan jou
en dans saam met die vlamme
wat die spinnekoppe weghou
Tussen skadus wat saamsing
teen my muur
soek ek na jou silhoeƫt
tussen spinnerakke in elke uur

Koor: (2 x)

En aan staal snare
verduidelik ek my hart
En aan staal snare
knoop ek jou styf vas

Maar hoekom kuier jy
net in my storieboeke
Jy dwaal in my gedagtes
diep in my droom
Hoekom probeer ek
jou karakter uithaal
en vlees en bloed met elke soen
in jou hart inblaas

Jy laat my wonder
Jy laat my treur
Gisteraand het jy jou
lippe aan my siel afgevee
Jy bly onskuldig
Ek bly lief vir jou

Dis onregverdig
Dalk hou ek net te veel van jou

Spinnerakke teen my muur
en aan my siel
Die son het lankal verdwyn
Spinnerakke om my glas
Spinnerakke hou my vas
Jy drink stilletjies weer van my wyn
van my wyn
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Bowline

Details:

Released in: 2006

Language: Afrikaans

Appearing on: Wonderwoorde (2005)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found