Die Melktert Kommissie

Die Melktert Kommissie - Wegraak lyrics

Your rating:
Wegraak, wegraak
Teruggaan en als regmaak
Weer probeer
'n Tweede keer
Drome kan mos waar word

Weer te laat, weer te laat
Spyt kom altyd wanneer hy wil
My pen leen gedagtes
En uitveër los wat reg is
En als tussen-in maak my kwaad

Skribbel, skrabbel, screw dit
Skrap dit uit
Flui-fluit, die storie word toegesluit
Secret woorde, stok on spore
Ek wens ek kon die thoughts wegsmyt

Terugpraat, terugpraat
My tong bly soms net 'n bietjie te glad
My woorde word al skerper
En hardloop vir my weg
En gaan skuil agter iemand se haat

Gister se sondes kom kuier weer vandag
Die engele leer vloek
En die duiwels lê en lag
Paranoia word my enigste maat
Spyt kom altyd net te laat

Krokodiltrane rol weer oor my wang
Dit is die byt wat my bangmaak
En die spyt waaraan ek hang
Wat as iemand uitvind
En wat as almal begin praat
Vinger wys is sonde
Maar sonde bly 'n vraat

Dit vreet my vreet my vreet my op
Net sodra ek opstaan en vergeet stamp ek my kop
Hou kop hou kop baby hou net vas
Hou kop hou kop baby hou net vas

Skribbel, skrabbel, screw dit
Skrap dit uit
Flui-fluit, die storie word toegesluit
Secret woorde, stok on spore
Ek wens ek kon die thoughts wegsmyt
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: Bowline

Details:

Released in: 2006

Language: Afrikaans

Appearing on: Proudly South African , Wonderwoorde (2005)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found