Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld
Ek wil nie kwaad gaan slaap nie

Het ek jou gebreek,
het ek jou geskeur,
het ek jou vermink met woorde,
wat jy nie kan vergeet?

Het ek weer ontplof,
jou nie reg gelees,
hoe kan ek dan sĂȘ ek's jammer,
voor die donker wat ek vrees?

KOOR:
En ek wil nie kwaad gaan slaap nie,
wil nie jou seer maak nie,
wil nie als verloor,
want ek kan nie eers onthou nie
waaroor het ons gestry,
ek wil baklei maar net vir jou,
ek wil baklei maar net vir jou!

Niemand is verkeerd
niemand is ooit reg
en uit eie wil die minste
na 'n hou nie terug geveg

Niemand gee net in
niemand gee net op
terwille van 'n kort oorwinning
maar dis tyd dat ons moet stop

KOOR 3x:
En ek wil nie kwaad gaan slaap nie,
wil nie jou seer maak nie,
wil nie als verloor,
want ek kan nie eers onthou nie
waaroor het ons gestry,
ek wil baklei maar net vir jou,
ek wil baklei maar net vir jou!

Musikuss

Submitted by Musikuss at Fri 21 Feb, 2014 6:52 pm

Author: ?
Composer: ?
Publisher: ?
Published in: 2013
Language: Afrikaans
Available on: Uitklophou (2013)

Reactions

CommonCrawl [Bot]

Follow Muzikum