Bok Van Blerk, Laurika Rauch
Ek Het (Laurika Rauch & Bok Van Blerk)

Ek het gestaan, ek het geval
Ek het wat wou, ek het gewens
Ek het gelag, ek het gevra
Ek het gewonder wat jou pla.

En eendag as dit stil word, en ek niks meer nog wil hê
Sal ek sonder twyfel in my hart, vir jou kan sê: Ek het.

Ek het gestoei, ek het gewen
Ek het versnel, ek het gerem
Ek het geterg, ek het gehuil
Ek het verskil, ek het verander.

En eendag as dit stil word, en jy niks meer nog wil hê
Sal ek sonder twyfel in my hart, vir jou kan sê: Ek het.

Ek het gemik, ek het geland
Ek het gesorg, ek het volhard
Ek het gevat, ek het gelos
Ek het geslaag, ek het genoeg.

En eendag as dit stil word, en jy niks meer nog wil hê
Sal ek sonder twyfel in my hart, vir jou kan sê.

En ek het als gesien, en ek het als gehoor
Ek het my hart uit gespeel, en ek het soms verloor
Ek het gedink, ek het geleer
Ek het gelief, ek het verlang na jou.

En eendag as dit stil word, en ek niks meer nog wil hê
Sal ek sonder twyfel in my hart, vir jou kan sê: Ek het
Ek het (2x).

  • Musikuss

    Submitted by

    Musikuss at Wed 14 Sep, 2016 12:51 am

  • <
  • Frank Potters

    Last updated by

    Frank Potters at Sun 13 Nov, 2016 2:02 pm

  • <
Copyrights
Author: ?
Composer: ?
Publisher: ?
More details
Published in: 2015
Language: Afrikaans
Available on: Sing Afrikaner Sing (2015)

Reactions

CommonCrawl [Bot]

Follow Muzikum