Bok Van Blerk

Bok Van Blerk - Afrikanerhart lyrics

Your rating:
In vuur en bloed vind ek my nou
Soos elke boer en kind en vrou
'n Oormag kwyl nou oor ons land
Staan gewapen tot die tand
Sy skadu val 'n donker wolk
Oor die toekoms van ons volk
En veg ons nie sal ons verdwyn
By Magersfontein, by Magersfontein, by Magersfontein
Trek ons die lyn.

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur.

Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur (2x)
My Afrikanerhart.

As jy my vra sal ek jou sê
Hoe diep my hart se wortels lê
As jy my vra sal ek jou wys
Dis my grond hier in my vuis.

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur.

Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur (2x)
My Afrikanerhart.

Al breek die hel hier agter ons los
En al stort die hemel neer
Hou jou lyn en staan jou man
Dis hier waar ons hul kan keer
Staan vas, staan vas, Suid-Afrika (2x).

Kom boerekrygers wees nou helde
Die dag van rekenskap is hier
Die vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen kanon se vuur.

Die kakies wil ons volk verower
Belowe pyn en smart
Maar as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur (2x)
My Afrikanerhart.

Ja as jy skiet, skiet my deur
As jy skiet, skiet my deur
My Afrikanerhart.
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Bok Van Blerk

Composer: Bok Van Blerk & Johan Vorster

Publisher: Mozi Records

Details:

Released in: 2009

Language: Afrikaans

Appearing on: Afrikanerhart (2009)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found