Jannie du Toit

Jannie du Toit - ’n Liedjie vir jou lyrics

Your rating:
Ek dink vanaand aan jou, en aan die Wildekus* se golwe
Ek dink vanaand aan jou, en aan die eindelose strand
Ek dink aan rotskastele, watervalle na benede
En beestepadjies sukkel oor die rand

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sal verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer ’n vonkel in jou oë bring

Ek dink vanaand aan jou, en aan die Visriviervallei
Ek dink vanaand aan jou, en aan sy kronkel kronkel kronkel
Ek dink aan stroomversnellings, aan die koue winternagte
En kampvuuraande op die goudgeel sand

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sal verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer ’n vonkel in jou oë bring

Ek dink vanaand aan jou, en aan die blou blou Kaapse berge
’n Sprokiesland in bleekwit op ’n helder sterligaand
Ek dink aan waterpoele, wit proteas teen die hange
Maar somtyds vir ’n oomblik net aan jou

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sal verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer ’n vonkel in jou oë bring

* Wildekus: https://af.wikipedia.org/wiki/Wildekus
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: Jannie Du Toit

Composer: Jannie Du Toit

Publisher: (Not on label)

Details:

Released in: 1981

Language: Afrikaans

Covered by: Mika van der Merwe , Alida White , Fatman (2017)

Appearing on: Die eggo van jou oë (2015)

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found