Ek dink vanaand aan jou, en aan die Wildekus* se golwe
Ek dink vanaand aan jou, en aan die eindelose strand
Ek dink aan rotskastele, watervalle na benede
En beestepadjies sukkel oor die rand
En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sal verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer ’n vonkel in jou oë bring
Ek dink vanaand aan jou, en aan die Visriviervallei
Ek dink vanaand aan jou, en aan sy kronkel kronkel kronkel
Ek dink aan stroomversnellings, aan die koue winternagte
En kampvuuraande op die goudgeel sand
En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sal verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer ’n vonkel in jou oë bring
Ek dink vanaand aan jou, en aan die blou blou Kaapse berge
’n Sprokiesland in bleekwit op ’n helder sterligaand
Ek dink aan waterpoele, wit proteas teen die hange
Maar somtyds vir ’n oomblik net aan jou
En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sal verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer ’n vonkel in jou oë bring
* Wildekus: https://af.wikipedia.org/wiki/Wildekus
Submitted by Musikuss at Fri 15 Dec, 2017 12:22 am
Last updated by Musikuss at Sun 04 Feb, 2018 11:19 pm